FOTO: Instagram  ashley_nell_tipton

FOTO: Instagram ashley_nell_tipton

Het jy gehoor?

Project Runway se eerste plusgroot wenner

Die modeontwerp-werklikheidsreeks Project Runway het ná 14 seisoene hul eerste plusgroot wenner aangekondig, berig Daily Mail

Ashley Nell Tiptonie (24) sê vroue met ‘n voller figuur kan ook op die voorpunt van mode wees. Haar wen-ontwerpe is geïnspireer deur Mexiko van die 1950’s.

Sy het $100 000 (meer as R1,4 miljoen) gewen om haar eie plusgroot klerereeks te begin en van haar klere is reeds in September by die New York Modeweek gewys.

Hoewel baie aanhangers verheug was toe Ashley gewen het, sê ander die enigste rede waarom sy gewen het, is omdat alles oor die plusgroot bedryf deesdae trend.

 

Volgens Bustle wil Ashley haarself nie beperk nie en sy wil in die toekoms ook vir mans en nie-plusgroot vroue klere ontwerp.

Bronne: Daily Mail en Bustle

Lees ook 

ZZZ

Lees meer hier!