Faf du Plessis vir Bjorn Borg
Het jy gehoor?

Protea Faf du Plessis soos nog nooit tevore (in baie min klere!)

Ons T20-krieketkaptein Faf du Plessis speel nou onderklere-model. En ons kla nie. SARIE se Fanie Cronjé gesels met hom.

Björn Borg was in die 70’s sinoniem met tennis. Nou maak hy naam met sy reeks onderklere en sokkies vir mans en vroue. En in Suid-Afrika is die Proteas se T20-kaptein, Faf du Plessis, gekies om die gesig van dié handelsmerk te wees.

“Ek het die onderbroeke al in die buiteland gesien en baie daarvan gehou. Die ontwerp en die kleure is baie anderste as waaraan ons in Suid-Afrika gewoond is. Hier dra ons mos meestal net grys, swart en wit onderbroeke. Die gehalte is goed, maar die belangrikste van als –  dis gemaklik.”

Faf du Plessis vir Bjorn Borg

Vandag lei Faf sy span in Durban op die veld in die eerste T20-wedstryd teen Australië. Hy sal sonder twyfel sy Björn Borg-onderklere dra, maar nie so dat jy dit gaan sien nie! Gelukkig het hulle vir ons hierdie pragtige foto’s van die mooie Faf gestuur.

Om model te speel was vir Faf glad nie moeilik nie.

“Ek het al talle fotosessies gedoen en is gewoond aan die kamera. Ons span is almal gewoond daaraan. Dis net die ouens wat nie is nie wat vir my sal spot.”

Faf se passies strek veel wyer as krieket. Hy het ook ’n aandeel in die Stellenbosch-restaurant Bistro 13, saam met Kokkedoor se Nic van Wyk.

Björn Borg-onderklere is landwyd beskikbaar by uitsoekwinkels van Edgars en Stuttafords. Pryse wissel

Faf du Plessis vir Bjorn Borg

Faf du Plessis vir Bjorn Borg