Het jy gehoor?

Quinne is ma!

Klein Charlotte Quinta is eers op byna 42 weke gebore en het haar ma se planne op ‘n rustige tuisgeboorte lekker omgewoel.

Quinne het al twee weke gelede begin ontsluit en sy was bang haar ma, Salome Brown daag nie betyds in San Diego in Suid-Kalifornië op vir die geboorte nie. Maar die kleinding was nie haastig nie.

Quinne het eers Sondag in kraam gegaan en is vandag hospitaal toe omdat die kraamproses te lank gesloer het. Quinne was gesteld om die proses steeds so natuurlik moontlik te hou, maar wou nie kanse neem toe die proses te stadig gevorder het nie.

Lees meer op haar blog oor haar gesprekke voor geboorte met haar Noenoe-kind.

Quinne se ouma was ook Quinta en Charlotte Quinta dra trots die naam voort.

Quinne het elke week aan haar baba geskryf, hier is die laaste paar weke se inskrywings.

Week 40

Ek sit hier op die vooraand van jou beplande datum wat jy veronderstel is om te arriveer, maar engel jy sal aankom wanneer jy reg is, en vir een of ander rede het ek ‘n gevoel dis nie more nie.

Jou Ouma is hier, jou bed is gemaak en ons het tot ‘n bad reg vir jou. Ek kan voel jy is beknop en beweging raak moeilik, so weet net jy is welkom om jou pad uit te maak nes jy reg voel. Patience is baie sag en lieflik met my en dis asof julle twee ‘n gesprek voer, dis baie fassinerend en ek kan vir ure lank so saam met julle lê en chat

Almal is verskriklik opgewonde en vra uit oor jou koms en die liefde en besorgdheid is merkwaardig.
Om die week op die regte noot te begin, het ons heerlik by die yoga center hier in die dorp gaan mediteer terwyl hulle wonderlike klank energie en helende musiek gemaak het met Tibetaanse bakke en allerhande chimes . Wonderlike klanke wat ons kans gegee het om sommer net in die oomblik heerlik saam te ontspan en jou aan die klanke van die wêreld bloot te stel. 
Dankie vir ‘n heerlike journey saam met jou die laaste tien maande. Ek het my lyf op ‘n nuwe manier leer waardeer en die wêreld herontdek. Ek het elke oomblik werklik geniet, want met jou wat groei hier binne my maak dit sin, die ongemaklike en soms onverklaarbare. Ek het so baie geleer, dinge wat ek miskien intellektueel verstaan het, maar nooit werklik uit geleef het nie. Ek voel of jy my forseer het om werklik vir die eerste keer betrokke en ten volle teenwoordig te wees in die oomblik. Ek het in my drome saam met jou geleer vlieg en die liefde tussen my en jou pa het gegroei op ‘n manier wat my oë laat glinster en my uit my maag laat lag… En nou is ek baie opgewonde vir hierdie volgende fase van jou ken en beleef.  Al ons liefde…

Week 41 en 42

O jene Noe-noe kind mense raak nou ongeduldig. Wanneer kom jy?

Ek dra swaar aan jou en sien uit om jou gesiggie in lewende lywe te sien en te beleef. Ek het nou lekker tuin en huis gemaak en sommer drie boeke in ‘n week gelees. Ek en jou Ouma Lomie maak kos, ons stap op die strand en is sommer rustig in ons saam wees en wag vir jou.

Jou pa het al die baba bier gebrou en ek kan nie wag om dit te proe nie.

Die boodskappe stroom in en die ongeduld groei want jy is ‘n nuweling en wese wat almal verskriklik opgewonde het. Jy is nou twaalf dae laat en ek sukkel om almal om my rustig en in toom te hou. Maar ek blameer jou glad nie vir op jou eie tyd uitkom nie. Ek dink ek sou die selle gedoen het as dit so bestem was, maar my pad was anders en ek moes op ander se tyd uitkom, ek wil jou die kans gee om so op jou eie manier die pad te vind, maar weet eks hier om jou te vang en sal elke oomblik daar wees vir jou. Jou pa gaan uit sy vel uitspring en kan nie wag om jou te ontmoet nie. So net sodat jy weet daar is ‘n groot hoeveelheid liefde wat jou die kant in wag.

Geniet die laaste paar ure van cozy wees hier binne…

Lees meer van Quinne se blog

  • Desiree

    Baie geluk,hoop jy gaan sommer baie pret he met jou bondeltjie vreugde

  • Baie geluk. Dis ‘n pricelice oonblik om te beleef.
    Geniet haar, hulle word so vinnig groot.

  • Karin

    Baie geluk!

  • Silvia

    Baie geluk- mag jul baie vreugde met die nuwe bondeltjie he! Beteken dit dat jy NOOIT weer terugkom na 7de Laan – al was daar dalk n kans?

  • Martie v Dijken

    Baie geluk aan die nuwe Pa en Ma. Spesiaal geluk aan Ouma Salome! Mag julle baie jare van seen en vreugde saam deel. Groete.Martie v Dijken.

  • Billy

    Veels geluk. Kinders is n seening van God.