Het jy gehoor?

Raai watter aktrise is die Afrikaanse stem van die Gautrein?

Wanneer jy op die Gautrein ry en jy hoor Afrikaans, is dit die aktrise Erica Wessels se stem wat jou vertel waar jy moet afklim.

“Dis ‘n heerlike voorreg. Ek doen al jare stemwerk,”sê sy. Erica was onlangs Amsterdam toevir ‘n Nederlandse improvisasie-TV-reeks, en speel ook vroeg in 2011 by die Fugard-teater in Kaapstad in Athol Fugard se The Captain’s Tiger, wat deur Antjie Krog vertaal word.