Geskiedenis weerlê dikwels nostalgiese staaltjies
Baie mooi stories word oor die waardevolle bydrae van die Italiaanse krygsgevangenes tot ons kultuur en koswêreld vertel. Die krysgevangenes is tot vandag toe ’n groot fassinasie vir mense en nostalgiese staaltjies vorm deel van gesprekke oor die Italianers. Volgens die geskiedkundige, Karen Horn mislei “mooi” stories egter en is dié stories meeste van die tyd ook te goed om waar te wees.