Het jy gehoor?

Raai wie is op die voorblad van Sports Illustrated

Barbie, wat vanjaar 55 jaar oud is, verskyn nou op die voorblad van Sports Illustrated se 50ste jaarlikse swembroek-uitgawe, skryf E! Online.

Sy dra ’n moderne weergawe van die wit-en-swart swembroek waarmee die eerste Barbie destyds verkoop is. Met ’n sonbril op haar kop, ’n lang poniestert en ’n goue armband lyk die ikoniese pop nes een van die uitgawe se jaarlikse voorbladmeisies.

FOTO: Twitter

FOTO: Twitter

Dis deel van ’n nuwe veldtog, genoem Unapologetic, waar die vervaardigers van Barbie die boodskap wil oordra dat geen vrou nodig het om verskoning te vra vir haar voorkoms nie, ook nie as jy ’n sogenaamde “perfekte lyf” het nie. Daar is ook ’n advertensiebord in New York se Times Square wat met dié foto pronk.

’n Advertensiebord in New York met Barbie se voorbladfoto. FOTO: Twitter

’n Advertensiebord in New York met Barbie se voorbladfoto. FOTO: Twitter

Barbie het in die verlede baie kritiek gekry omdat die proporsies van die pop se lyf nie waarlik realisties is nie. Dié veldtog, waaroor getwiet word onder #unapologetic, kry egter ook kritiek omdat dit onrealistiese standaarde oor vroue se voorkoms uitbeeld, skryf E! Online.

WAT DINK JY VAN BARBIE OP DIE VOORBLAD? Lewer kommentaar onderaan dié artikel of deel dit met ons op ons Facebook– of Twitter-blad!

BRON: E! Online