Nuusleser Genée Heyl FOTO: Facebook

Het jy gehoor?

Raaiselmoord op tante van aktrise en nuusleser

eNuus-nuusleser Genée Heyl en haar suster, die aktrise Liane Heyl, was gister in die hof by die borgtogaansoek van hul oom, berig Beeld.

Dieter Bergs (78), oom van die Heyl-susters, is Dinsdag in hegtenis geneem vir die beweerde moord op sy vrou, Genée Bergs, vroeër vanjaar. Hy is gister op borgtog vrygelaat.

Dié bekende susters het gereeld by hul tante gekuier, wat vir hulle soos ’n ma was ná hul eie ma se dood sowat 7 jaar gelede.

Liane Heyl

Liane het dié foto en byskrif op haar Facebook-blad gedeel

Liane, wat die aand van die dood een van die eerstes op die toneel was, het het aan Beeld gesê haar tante se oë het “net soos albasters” gelyk. Sy sê ook:

My werk is drama en sepies. My lewe moenie ’n sepie wees nie.

Lees die volledige berig in Beeld.

Bron: Beeld