Rachel Bilson FOTO: Gallo Images / Getty Images

Rachel Bilson FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Rachel Bilson en Hayden Christensen verwelkom babadogter

Die Hart of Dixie-ster Rachel Bilson en haar kêrel, die Star Wars-akteur Hayden Christensen, het hul eerste kind verwelkom, berig US Weekly eksklusief.

Die paartjie het hul pienkvoet Briar Rose gedoop. Dít is die oorspronklike titel van die  Grimm-broers-sprokie wat ons nou as Die Slapende Skoonheid ken.

Die 33-jarige akteurs het in 2008 op die stel van Jumper ontmoet en het in Desember 2008 verloof geraak. Hul verlowing is in 2010 verbreek, maar hulle het 3 maande later hul verhouding hervat.

Bron: US Weekly

Lees nou