FOTO: Instagram (@rameyshort)

FOTO: Instagram (@rameyshort)

Het jy gehoor?

Ramey Short binnekort in internasionale TV-reeks te sien

Dié akteur wat veral bekend is vir sy rol as Dr. Quinton in die kykNET-sepie, Binneland, gaan binnekort in Black Sails te sien wees.

Dit is ’n Amerikaanse TV-reeks wat in Kaapstad, by die Cape Town Film Studios geskiet word. Die van julle wat al op die N2 daar verby gery het, sou die skepe, wat spesiaal vir dié reeks gebou is, langs die hoofweg gesien het. Black Sails is ’n aksiebelaaide drama wat handel oor seerowers opsoek na skatte op die Wes-Indiese Eilande, wat hulself gereeld in konflik met ander seerowers, sowel as die reg van die tyd bevind.

Ramey sal in die derde seisoen van dié reeks te sien wees. “Alhoewel dit ’n klein rol is, kan dit ontwikkel in iets groters,” het hy op sy Facebook-blad aangekondig. Dit is sy eerste rol in Kaapstad en hy is baie opgewonde om ook in sy eerste internasionale reeks te speel. “Dit is die eerste stap om my droom om internasionale werk te doen te bewaarheid.”

11124712_1804498589775962_2402422606836506691_n

FOTO: Facebook