FOTO: Verskaf

FOTO: Verskaf

Het jy gehoor?

Randall Wicomb te siek om op te tree

Die bekende Afrikaanse musikant Randall Wicomb sou Sondag by die Atterbury-teater in Pretoria optree, maar hy is ongelukkig intussen in die hospitaal opgeneem.

Dit is die eerste keer in 46 jaar dat hy ’n vertoning moes kanselleer, sê Jané van Litsenborgh van Atterbury-teater.

Die teater het oorweeg om die vertoning te kanselleer, maar die sanger Mathys Roets het aangebied om vir hom in te staan sodat Randall steeds sy betaling kry.

FOTO: Verskaf

FOTO: Verskaf

Prostaatkanker is in 2013 by Randall gediagnoseer.

Atterbury-teater het op hul Facebook-blad ondersteuners gevra om die vertoning by te woon. “Help vir ons en Mathys om vir Randall van hulp te wees.”

Hulle skryf verder: “Mathys voel hy wil teruggee aan ’n ander kunstenaar omdat soveel kunstenaars dit vir hom gedoen het ná sy ongeluk en hy hulle en die publiek altyd sal dankbaar wees.”

FOTO: Verskaf

FOTO: Verskaf

Die vertoning vind Sondag, 13 Desember, om 16:00 plaas. Bespreek hier of telefonies by 012 471 1700. Kaartjies kos tussen R140 en R160.

Lees ook 

ZZZ

Klik hier vir meer inligting!