FOTO: Twitter @thestevenbauer

Het jy gehoor?

‘Ray Donovan’-ster Steven Bauer (57) se nuwe meisie is 18 – en dís wat haar ma sê

Steven Bauer (57), ster van die misdaad-dramareeks Ray Donovan, se nuwe meisie is 18 jaar oud en haar ma moes vrede maak met dié verhouding, berig Huffington Post.

Steven en die 18-jarige Lyda Loudon is verlede week nog saam gesien in Kalifornië. Hulle het hul verhouding in Julie vanjaar bevestig toe hulle saam by ’n fliek-première opgedaag het, berig US Weekly.

Steven Bauer FOTO: Twitter  @thestevenbauer

Steven Bauer
FOTO: Twitter @thestevenbauer

Lyda Loudon FOTO:   Facebook

Lyda Loudon
FOTO: Facebook

Lyda se ma, Gina, het toe ’n eerlike blog hieroor geskryf op WorldNetDaily. Sy skryf:

“My dogter se keuse daag my uit … As ouers gekonfronteer word met sulke inligting oor hul volwasse kind, het hulle twee keuses:

1) Verwerp jou kind, en verloor haar

2) Probeer ’n manier vind om haar te verstaan en lief te hê gedurende die proses

[…]

Ek het vir myself gesê dinge kon erger gewees het. Sy kon ’n verslaafde gewees het of ’n slegte mens […] Sy is nie. Sy het net van ’n man begin hou wat baie ouer as sy is. En hy het ook van haar begin hou.

Ek het probeer fokus op een ding: My werk is om my dogter lief te hê.”

Lees haar hele blog HIER.

Steven was voorheen getroud met Melanie Griffith. Hulle het ’n seun, Alexander Bauer, wat 10 jaar ouer as Lyda is.

Alexander Bauer FOTO: Twitter  @MelanieGriffith

Alexander Bauer
FOTO: Twitter @MelanieGriffith

Bronne: Huffington Post, US Weekly en WorldNetDaily