Die sewe-jarige Angelina Jourdan maak naam op Norway's got talent
VIDEOGREEP: YouTube

Die sewe-jarige Angelina Jourdan maak naam op Norway's got talent VIDEOGREEP: YouTube

Het jy gehoor?

Werklikheidsreeks lewer nóg ’n kinderster op

Die 7-jarige Angelina Jourdan Astar van Noorweë het die beoordelaars én die gehoor verstom met haar uitvoering van ’n Billy Holiday-liedjie. Haar vertoning op die werklikheidsreeks Norway’s Got Talent het vinnig oor die internet versprei.

Klein Angelina Jourdan Astar het ’n YouTube-fenomeen geword. Haar uitvoering van Frank Sinatra se “Fly Me to the Moon” is al meer as ’n miljoen keer gekyk terwyl haar uitvoering van “Gloomy Sunday”, die Billy Holiday-treffer, reeds meer as 6 miljoen keer gekyk is.

“Sedert ek klein was, het ek na baie verskillende soorte musiek geluister op YouTube. Ek het ook al The X Factor gekyk en later vir my ma gevra of ek daarvoor mag inskryf,” vertel Angelina in ’n onderhoud op YouTube.

Angelina Jourdan op Norway's got talent VIDEOGREEP: YouTube

Angelina Jourdan op Norway’s got talent
VIDEOGREEP: YouTube

Haar ma het eers teengegaan en gesê sy is te jonk, maar Angelina het haar eie wil gehad. Sy wou vir Simon Cowell (wat die Got Talent-programme begin het) haar talent gaan wys.

Simon Cowell wys sy baba Eric

Angelina, wat steeds in aanmerking is om met die titel weg te stap, is nie die eerste kinderster wat bekendheid verwerf op dié realiteitsprogram nie. Amira Willighagen (9), ’n meisie met wortels in Suid-Afrika, se opera-stem het ook aandag getrek toe sy aan Holland’s Got Talent deelgeneem het.

SARIE.com gesels met Amira Willighagen se ma

Angelina is deur YouTube bekendgestel aan jazz-musiek. Amira het ook aan haar gusteling-musiek, opera, op YouTube ontdek.

Kyk hier na Angelina se uitvoering van Billy Holiday se “Gloomy Sunday”

Bronne: Huffington Post & MovieClips op YouTube