Rebel Wilson
Het jy gehoor?

Rebel Wilson en haar kêrel is uit

Die aktrise Rebel Wilson, wat bekend is daarvoor dat sy kykers laat lag en vroue motiveer om hulself te aanvaar soos hulle lyk, se verhouding met die komediant Mickey Gooch Jr. is op die rotse, berig US Weekly.

Die paartjie het deur gemeenskaplike vriende ontmoet en het sedert Mei vanjaar uitgegaan. Hulle het in Julie vakansie gehou op Ibiza, ’n eiland in die Middellandse See, waarna hulle ook in Barcelona was.

Hard Rock Rising Barcelona x

A photo posted by Rebel Wilson (@rebelwilson) on

Volgens Mickey se Instagram-blad het hulle ook saam Rome en Parys besoek.

When in Rome….. Go to #PARIS #nofilter

A photo posted by Mickey Gooch (@mickeygooch) on

Entertainment Tonight berig Rebel is die een wat die verhouding beëindig het. Hulle is glo op goeie voet uitmekaar en sal beslis vriende bly.

Bronne: US Weekly en Entertainment Tonight

Lees ook