Rebel Wilson
Het jy gehoor?

Rebel Wilson glad nie beïndruk met Kardashians nie

Die Pitch Perfect-aktrise Rebel Wilson maak geen geheim daarvan dat sy nie ’n aanhanger van die Kardashian-familie is nie. Sy meen hul roem is nie op harde werk of talent geskoei nie, daarom verstaan sy nie mense se beheptheid met hulle nie, berig Huffington Post

Die 35-jarige blondine het in ’n onlangse radio-onderhoud erken sy het vroeër vanjaar geweier om saam met Kendall en Kylie Jenner ’n toekenning by die MTV VMA-toekennings te oorhandig.

Volgens Business Standard sê Rebel verder alles waarvoor die Kardashians staan, is strydig met haar eie sienings en waardes. Sy noem ook dat sy ’n opgeleide aktrise is en hard gewerk het om te kom waar sy is en dieselfde kan nie van die gewilde realiteitsterre gesê word nie.

Hou jy van die Kardashians?

  • Ja
  • Nee

Bronne: Huffington Post en Business Standard

Lees ook 

ZZZ

Skryf HIER vir dié kompetisie in