Rebel Wilson
Het jy gehoor?

Rebel Wilson se nuwe dieet

Die aktrise Rebel Wilson het haarself uitgedaag om verfynde suiker uit haar dieet te sny. Beteken dit dat Pitch Perfect se Fat Amy gewig wil verloor?

E!Online berig dat die 35-jarige blondine se suikertand ná drie weke die oorhand gekry het: “Ek het die ‘geen-verfynde-suiker-uitdaging’ ná 20 dae verloor … Ek het ’n vreesaanjaende taxi-rit gehad en ’n roomys en ’n sjokolade verslind … maar ek gaan weer probeer,” het sy op haar Twitter-blad geskryf.

“Dit gaan goed met my: Ek voel goed en weerstaan alle verfynde suiker,” het sy aan ’n aanhanger gesê.

Rebel se kurwes is gereeld ’n gesprekspunt. Sy het vroeër vanjaar aan Daily Life vertel dat sy haar fisieke voorkoms as haar beste bate beskou: “Ek het iets gevat wat almal as ’n nadeel sien – wanneer jy vet is, dink niemand jy gaan ’n suksesvolle aktrise wees nie – en dit in iets postiefs verander.”

“Ek wonder partykeer: ‘Wat as ek na ’n gesondheidsplaas gaan en 50 kilogram verloor?’ Wat sou gebeur? Sou dit my loopbaan affekteer? Maar dit nooit sal gebeur nie,” het sy vinnig bygevoeg.

Bron: E! Online en Daily Life

Lees ook