FOTO: Instagram / @KensingtonRoyal

FOTO: Instagram / @KensingtonRoyal

Het jy gehoor?

Reël ’n koninklike kinderpartytjie: Kate Middleton se ma gee wenke

Reël ’n koninklike kinderpartytjie gepas vir ’n klein prins of prinsessie met dié maklike wenke. Kate Middleton se ma, Carole, deel haar raad, berig Hello!

Carole en haar man, Michael, besit ’n geskenkwinkel met die naam Party Pieces in Engeland. Met byna 28 jaar se ondervinding in die bedryf wéét sy hoe om ’n partytjie te reël.

A photo posted by POPSUGAR (@popsugar) on

Carole se top-5 wenke vir ’n kinderpartytjie

1.Kinderpartytjies hoef nie duur en uitspattig te wees nie. Kleingoed hou van aktiwiteite. Laat jou kinders speletjies soos vroteier, sakspring en skattejag speel.

2. Skep ’n kleurryke omgewing. Jy kan kleurryke meubelstukke gebruik. Ballonne, linte en bont tafeldoeke is goedkoop en ’n eenvoudige manier om enige omgewing in ’n partytjieplek te omskep.

3.  Kinders hou daarvan om voor te gee dat hulle volwasse is. Oulike idees is om grootmens-elemente te vat en miniatuur-weergawes daarvan vir hulle te gee om mee te speel. Skep ’n restaurantjie met klein tafels, teepotjies en eetgoed en gee vir hulle speel-selfone.

4. Hou hulle besig met watergevulde piñatas. Met dié speletjie blinddoek jy die kinders en laat hulle toe om die piñata met ’n voorwerp by te kom tot dit stukkend is en die water of lekkers uitval.

5. Maak seker alle elemente by jou partytjie is gefokus op die kinders. As jy byvoorbeeld ballonne gebruik, gebruik dié met kolle of gesigte op.

Soek jy nog wenke? Carole stel 101 Things for Kids to do Outside deur Dawn Isaac voor. Dis propvol kinderpartytjie-idees.

Bron: Hello!

Lees nou: