Reese Witherspoon FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Reese sny óók haar hare in ’n lang bob

Reese Witherspoon het ook haar hare in ’n lang bob laat sny – soos Jennifer Aniston ook verlede maand gedoen het. 

Reese het haar nuwe sjiek haarstyl gister in Kalifornië gewys toe sy inkopies gedoen het. Haar hare val net bo haar skouers en is ook weer meer blond gemaak.

Die 37-jarige aktrise het onlangs haar hare bruin gekleur het vir haar rol in The Good Lie – kyk na die foto hier. Hierna het sy dit terug gekleur, maar dit nou eers korter gesny.

Wat dink jy van Reese se nuwe haarstyl?

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook– of Twitter-blad!

Wat sê SARIE se skoonheidspan oor Reese se haarstyl?

Sy volg ander bekendes soos Lily Collins en Giuliana Rancic se voorbeeld met die lang bob. Omdat Reese ’n skerp kakebeen het, is hierdie lengte perfek by haar gesig – ’n korter styl sou haar gesig hard laat lyk.

Die lang bob is die ideale haarstyl as jou gesig nie noodwendig mooi lyk met kort hare nie, maar jy steeds lus is om so styl te probeer.

Reese se hare is ook bietjie ligter. Dit lyk baie mooi by Reese se warm veltoon. Die strepies lyk natuurlik en skep die indruk dat sy baie tyd in die son deurgebring het.

Jennifer Aniston by haar haarstilis, Chris McMillan, wat verantwoordelik is vir haar korter haarstyl FOTO: Instagram

Die korter haarstyle is definitief in die mode vir die feestelike tyd. Beyoncé, Pamela Anderson, Jennifer Aniston én Jennifer Lawrence het almal hul hare korter gesny. (Klik op die naam om die foto’s van hul korter haarstyle te sien.)

Addisionele bron: Huffington Post

  • Elizabeth Avenant

    Ag nee!! Ek hou niks van die korter style nie! Dit doen regtig NIKS vir hulle voorkoms nie!! Ek’s mal oor lang hare!!