FOTO: Twitter  RWitherspoon

FOTO: Twitter RWitherspoon

Het jy gehoor?

Reese Witherspoon bring Barbie na die grootskerm

Die aktrise en regisseur Reese Witherspoon werk aan ’n rolprent wat gegrond is op Robin Gerber se boek Barbie and Ruth: The Story of the World’s Most Famous Doll and the Woman Who Created Her, berig Film

Reese en haar mede-vervaardiger, Bruna Papandrea, poog om die merkwaardige storie van Ruth Handler te vertel. Dié visioenêre vrou en haar pop het die speelgoedbedryf verander en gesprekke oor die rol van vroue aangewakker.

Volgens The Guardian het Ruth ’n gaping in die mark geïdentifiseer, want haar dogter het met poppe van papier gespeel en die ander poppe het meestal soos kinders gelyk. Haar man was eers nie so geesdriftig nie, maar hulle het later saamgewerk om een van die wêreld se suksesvolste speelgoed te maak.

Reese se produksiemaatskappy, Pacific Standard, wil diverse vrouerolle na die grootskerm toe bring. Omdat dié projek nog taamlik nuut is, is dit nog nie bekend wanneer ons die fliek gaan sien nie.

Bronne: Film en The Guardian 

Lees ook 

ZZZ

Lees hier vir meer inligting