Tinkerbell
Het jy gehoor?

Reese Witherspoon se volgende rol is Tinkerbell

Tinkerbell is blond, speels én vurig. Daarom is Reese Witherspoon die perfekte aktrise om die rol in Disney se nuwe aksiebelaaide fliek Tink te speel, berig Variety.

In Tink is ons gunsteling-feetjie nie net ’n bykarakter soos in Peter Pan nie. Dié storie draai rondom háár avonture en uitdagings.

FOTO: Twitter  RWitherspoon

FOTO: Twitter RWitherspoon

Alhoewel daar nie nou al veel inligting oor die storielyn beskikbaar is nie, weet ons dat Reese nie net die hoofrol in Tink vertolk nie, maar dat sy ook ’n medevervaardiger is.

Heelwat Disney-animasieflieks, soos Alice in Wonderland en Cinderella, is herskep sodat ouer gehore dit ook kan geniet en dit was groot treffers by die loket.

Reese se nuutste fliek, Hot Pursuit, waarin sy saam met Sofía Vergara speel, kan tans in fliekteaters gesien word.

Bron: Variety

Lees nou