Het jy gehoor?

Regardt van den Bergh se nuwe liefde

“Ek het ’n vriendin vir wie ek baie lief is, Clara Joubert.” Clara was in die laat jare tagtig bekend as Hes in die gewilde TV-sitkom Orkney Snork Nie. Sy doen al jare teaterwerk en veral poppekas-werk met kinders. Haar groot liefde is die klein mensies vir wie sy op Jeffreysbaai in die Oos-Kaap skoolhou. Sy en Regardt het in 2011 saam ʼn poppekas-reeks gedoen met Bybelstories.

Nog ’n groot liefde in Regardt se lewe is sy familie. “Bloedverwantheid is ’n ontsagwekkende ding.  Dit was ’n onbeskryflike oomblik wat my sprakeloos gelaat het,” sê Regardt oor sy eerste kleinkind, Hugo Xavier Berning. Regardt se dogter Lika Berning, van Liefling die Movie-faam en haar man Clyde, het in September 2011 vir klein Hugo verwelkom.

Sy ander dogter Leán de Wet werk saam met hom agter die skerms by sy maatskappy Moevies for Life. Lika en  Leán is Regardt se kinders uit sy huwelik met aktrise Jana Cilliers.

“My ander groot liefde is die Bosveld en oorsese reise.  Ek lees baie en ontspan met musiek. Ek draf en ek kan nie wag om te sien wat my volgende fliek gaan oplewer nie.”

Moevies for Life gaan hopelik in 2012 aan die epiese Bybel-fliek The Lamb begin werk.
Daarna wag twee ander rolprente, Uitvlucht en Through the Heart op hom.

[box:full:grey:both]

Lees meer oor The Lamb in die Januarie 2012-uitgawe van SARIE.

[/box]

  • Hanlie

    Alle sterkte, geluk en blessings vir Regardt….

  • Veronica

    Alles wat mooi is vir julle twee. Regardt, ek en jy is ewe oud ma jy’t my voorgespring met die nuwe titel. Ek kry my ouma-status DV vroeg in Januarie. Geniet mekaar julle.

  • Bettie

    HALLELUJA !!!! Regardt!!!