tornado_pierre_dancing_in_desert
Het jy gehoor?

Regardt van den Bergh wen ses toekennings

Tornado vertel die ware verhaal van Pierre (gespeel deur Quintin Krog), ‘n depressiewe jong man, en Tornado, ‘n Arabierperd wat té hard gedruk is om ‘n skouperd te word.

Dié talentvolle regisseur, wat bekend is vir films soos Hansie en Faith Like Potatoes en die TV-reeks Known Gods, is Maandagaand ná die filmfees in Monte Carlo oor sy prestasie in kennis gestel. Die film het ses Angel-toekennings gewen vir onder andere Beste Regisseur en Beste Klankbaan, sowel as die Filantropiese Toekenning.

Die Angel-toekennings vereer geweldlose films asook flieks wat menslikheid bevorder.

Bron: Eye Witness News