regardt_van_den_bergh
Het jy gehoor?

Regardt van den Bergh wen gesogte prys

SA se bekende rolprentmaker Regardt van den Bergh gaan by die jaarlikse Ischia Film & Music Global Fest met die gesogte internasionale Ischia Global-prys vir sy “uitstaande flieks en bydrae tot die bedryf” vereer word. Sy nuutste fliek, Tornado and the Kalahari Horse Whisperer (met Quentin Krog, Leán van den Bergh and Danny Keogh), sal ook tydens hierdie geleentheid vertoon word. Dit wys reeds plaaslik.

Vanjaar se fees word gewy aan Suid-Afrikaanse kunste en rolprentkuns. Regardt se toekenning is al vantevore deur gróót name gewen:

Regisseurs: Francis Ford Coppola, Norman Jewison, Neil Jordan, Oliver Stone, Bille August en Giuseppe Tornatore.

Akteurs: Hilary Swank, sir Ben Kingsley, Vanessa Redgrave, Matt Dillon, Naomi Watts, Gael Garcia Bernal, Diane Kruger, Gerard Butler, Claire Danes, F. Murray Abraham, Rosario Dawson, Dennis Hopper, Brenda Blethyn, Joseph Fiennes, Kim Cattral, Freddie Highmore en Val Kilmer.

Die plegtigheid vind op 12 Julie 2009 op die eiland Ischia in Italië plaas.