Julianne Moore FOTO: Gallo Images / Getty Images

Julianne Moore FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Regisseur van Still Alice oorlede

Die regisseur Richard Glatzer, wat saam met Wash Westmoreland vir die rolprent Still Alice verantwoordelik was, het gesterf. 

United International Pictures het bevestig dat Richard dié week in die ouderdom van 63 oorlede is.

Richard het op TV-programme, waaronder America’s Next Top Model, gewerk, asook aan rolprente, soos Still Alice. Julianne Moore het die hoofrol in dié prent gespeel en vanjaar die Oscarir Beste Aktrise daarvoor gekry.

Richard is in 2011 met motorneuronsiekte (MNS) gediagnoseer – dieselfde siekte wat Joost van der Westhuizen het.

Richard Glatzer FOTO: Facebook

Richard Glatzer
FOTO: Facebook

Tydens die verfilming van Still Alice het die siekte hom reeds begin aftakel. Hy het op die stel gekommunikeer deur middel van ’n app op sy tablet wat sy teks in spraak omskakel.

Julianne het in haar bedankingstoespraak tydens die Oscars gesê dat hulle vir Richard ná sy diagnose gevra het wat hy wil doen – wou hy die wêreld reis? Nee, het hy gesê – hy wou flieks maak.

En dis presies wat hy gedoen het met een van sy laaste projekte (waarvan hy ook ’n mede-skrywer was), Still Alice. 

*Still Alice draai steeds in Suid-Afrikaanse teaters.

Screen Shot 2015-03-12 at 3.19.36 PM