imageds
Het jy gehoor?

Regisseur vir Fifty Shades of Grey-fliek aangekondig

Sy gaan die leisels neem om een van dié dekade se mees populêre boeke op die silwerdoek te kry. Maar die groot vraag op almal se lippe bly wie die rol van Christian Grey gaan vertolk. Akteurs Stephen Amell en Ian Somerhalder Vampire Diaries is glo reeds in gesprek met die vervaardigers.

Die Christian Grey-manne…

Eric Somerhaulder

Ian Somerhalder en Stephen Amell

E.L. James, die skrywer van Fifty Shades het aan die media gesê dat die rolverdeling nog in die pyplyn is, en geen finale besluite geneem is nie. 

‘n Ander akteur wie se naam ook in dieselfde asem genoem is, is Twilight-ster Robert Pattinson. En dit help beslis nie dat hy en die skrywer E.L. James dié naweek saam partytjie gehou het nie…

Harry Potter-aktrise Emma Watson het gerugte afgelag dat sy vroulike hoofrol van Anastasia Steele gaan vertolk. ‘n Ander aktrise wat oorweeg word sluit in Jessica Pare.

Om meer te lees, klik by Telegraph.co.uk

Wie dink jy moet die rolle vertolk?