FOTO Vogue

FOTO Vogue

Het jy gehoor?

’n Verlowing en nuwe Bridget Jones-fliek vir aktrise

In die rolprent Bridget Jones’s Diary het ons saam met die Oscar-wenner Renée Zellweger gelag en gehuil – en meestal op moedverloor se vlakte gesit en wag op die liefde. In die werklike lewe het die Bridget Jones-aktrise weer liefde gevind en onlangs aan haar kêrel van vier jaar, die musikant Doyle Bramhall, verloof geraak, berig Hollywood Life

Met ’n verlowing en ’n nuwe rolprent lyk 2016 na ’n opwindende jaar vir dié aktrise. Haar rolprent, Bridget Jones’s Baby, word in September bekend gestel.

Dit is die derde rolprent wat oor die geliefde karakter Bridget se lewe gaan. Ons het haar die eerste keer in 2001 in die gewilde Bridget Jones’s Diary leer ken, voordat sy in 2014 in die minder gewilde Bridget Jones: The Edge of Reason te sien was.

Haar nuwe fliek is maar één van die onderwerpe waaroor sy in die Julie 2016-uitgawe van die Britse Vogue gesels. Sy verskyn op die tydskrif se voorblad in ’n geblomde rok van Prada, afgeneem deur die fotograaf Patrick Demarchelier.

  A video posted by British Vogue (@britishvogue) on

Nadat sy in ’n paar groot lokettreffers, waaronder Jerry Maguire, Chicago en Cold Mountain verskyn het, het dié 47-jarige ’n breek van vyf jaar van Hollywood geneem. Oor dié besluit vertel sy dat sy siek was van haar eie stem. Sy wou weggaan en grootword. Renée sê: “Jy kan nie by mense aanklank vind en ’n goeie storievertelller wees as jy nie self lewenservaring het nie.”

A photo posted by British Vogue (@britishvogue) on

Die aktrise se voorkoms in die film se voorprent het egter wéér ’n media-bohaai veroorsaak. Die Variety-joernalis Owen Gleiberman skryf só oor Renée in die film: “Ek het na haar gekyk en nie net het sy nié soos Renée Zellweger die aktrise gelyk nie, sy het ook nie soos haar karakter Bridget Jones gelyk nie. Aktrises het die reg om hul voorkoms te verander, maar die karakters wat hulle vertolk, word deel van ons. Dit voel asof iets weggeneem is.”

Gleiberman het baie kritiek vir sy artikel ontvang. Die Married with Children-aktrise Christina Applegate het haar mening oor die artikel op haar sosiale media gedeel:

 

Dit is die soveelste keer dat daar oor Renée se voorkoms gepraat word. Op die internet het dit behoorlik gegons toe sy in 2014 die Elle Women in Hollywood Awards bygewoon het, en is dit selfs as ’n “skok-transformasie” bestempel. Haar gesig het só verander dat baie bespiegel het dat sy plastiese chirurgie ondergaan het.

Kort daarna het Renée in ’n onderhoud aan People gesê dat die gissings oor haar voorkoms “silly is. “Ek leef ’n meer gesonde, gelukkiger en meer bevredigende lewe. Ek is bly dit is uiteindelik sigbaar.”

Sharon Maguire, Bridget Jones’s Baby se regisseur, hou daarvan dat Renée se karakter ná 15 jaar uiteindelik haar ideale gewig (’n Britse klerenommer 10 tot 12) bereik het – maar ai, steeds nie haar liefdesprobleme opgelos het nie, berig Entertainment Weekly.

Maar Renée bly kritiek ontvang oor haar veranderde voorkoms, veral om die karakter Bridget Jones te vertolk. Self sê sy sy verstaan nie die ophef nie. “As dit ’n man was, sou daar nie so ’n bohaai gewees het nie,” volgens Vogue.

Dit sal nie die aktrise se eerste huwelik wees nie. Sy en die sanger Kenny Chesney was in 2005 vir vier maande getroud. Sy was ook verloof aan die The Mask-akteur Jim Carrey vanaf 1999 tot 2000.

*Bridget Jones’s Baby handel oor Bridget Jones se lewe ná haar egskeiding van die karakter Mark Darcy, gespeel deur Colin Firth. Sy word swanger, maar weet nie wie die pa is nie. Die rol van haar potensiële nuwe liefde word deur die Grey’s Anatomy-akteur Patrick Dempsey vertolk.

Kyk die voorprent hier:

Bronne: Hollywood Life, Gossip CopVogueEntertainment Weekly 

Lees nou

Dié akteurs het gróót rolle laat verbygaan

Raad vir jonger oë

Botter dalk nie so sleg vir jou soos wat jy gedink het nie