Riaan Cruywagen

Riaan Cruywagen

Het jy gehoor?

Riaan Cruywagen: 35 jaar al op die kassie!

Die 65-jarige nuuslegende, Riaan Cruywagen vier vandag sy 35ste jaar as TV-nuusleser én hy is ook alreeds 45 jaar in die uitsaaiwese. Dit beteken Riaan het al ongeveer 6000 keer die nuusbulletin aangebied en steeds elke aand hang ons aan sy lippe, berig die Volksblad.

Cruywagen het vanoggend die Engelse nuusbulletin op Highveld Stereo se Breakfastxpress-program uitgesaai, ter viering van hierdie mylpaal in sy lewe. Die hoofaanbieder van dié program, Darren Simpson, het Riaan genooi om bietjie sy ervaring en wysheid met hulle te kom deel en sommer net pret op die lug te hê.

As eerstejaar op Stellenbosch in 1965 het Riaan reeds deeltyds by die SAUK in Kaapstad aangesluit. Drie jaar later, 1968, het Riaan sy graad verwerf en is hy onmiddelik as omroeper by die Afrikaanse Radiodiens in Johannesburg aangestel.

Dit is nou vandag, 35 jaar terug, op 26 November 1975 om 20:00 wat Riaan Cruywagen sy heel eerste TV-nuusbulletin aangebied het. Dié uitsending onthou hy nog kristalhelder – dit het gehandel oor die vonnis van Breyten Breytenbach tot nege jaar tronkstraf, die verwikkelinge van die noordergrense van die Suid-Afrika en ook natuurlik sportgebeure.

Riaan ag homself nie as ‘n glanspersoonlikheid nie, meer as iemand wat ‘n diens lewer vir die land. Ons stem egter nie saam nie – daar is hemde met sy gesig op en bands wat oor hom liedjies skryf…

Cruywagen het in sy grappender wyse laat weet, die dag wat hy sy beroep bemeester sal hy aftree. Ons sien uit na nog 35 jaar op SABC 2 om 19:00, Riaan!

Lees die volledige artikel by www.volksblad.com

  • Marietha Venter

    Dit wil gedoen wees. Mooi so Riaan jy het jou goed van jou taak gekwyt. Ek wens ons het meer sulke mense by die SABC.

  • Ria Roux

    Ek is ‘n absolute aanhanger van Riaan – van Haasdas se nuuskas af. Daar was al baie nuuslesers tot hede en NIEMAND kon dit nog Riaan nadoen nie. Ek is ‘n omroeper by ‘n plaaslike gemeenskapsradio en lees ook soms die nuus…..en elke keer wat ek dit doen dink ek net aan hoe Riaan dit sou gedoen het en dan gaan dit sommer baie goed. Doe so voort Riaan!!

  • Sonette

    Jis ou Riaan baie baie geluk jong!! Jy is langer op die kassie as wat my oudste seun oud is!! Hy is vandag 33! Hoop ons gaan nog baie van jou sien! Skop die klomp van kyknet se nuus af dan bied jy dit aan! Hahahaha

  • Linda Ackerman de Waal

    Bja geluk Riaan…jy is die beste nuusleser ooit!! Ja nee jy word net nie ouer nie – deel gerus die resep uit vir die mans daa buite??!! Alles wat mooi is vir jo n jo familie n mag dit vir julle net ‘n bja mooi 2011 wees!!

  • Grieta Bouwer

    Aan Riaan Cruywagen.
    Ek hoop jy kry die boodskap. Ek moet net vir jou se dat jy Vrydagaand 25 Februarie 2011 die mees fantastiese das gedra het. Die motief en die fantastiese kleure was baie besonders.
    Dankie
    Grieta Bouwer
    Brakpan