Riaan Cruywagen en sy mede-aanbieder op Dagbreek, Elma Smit FOTO: verskaf

Het jy gehoor?

Riaan Cruywagen is terug – met nóg ’n CD

Riaan Cruywagen vier weer die byna 50 jaar wat hy in die TV-wêreld deurgebring het met ’n tweede CD.

Riaan se CD, Luister saam met Riaan Cruywagen – sy gunstelingtreffers Volume 1, was die afgelope jaar so gewild dat hy nou ’n tweede kompilasie – op spesiale versoek van die publiek – uitreik.

Luister saam met Riaan Cruywagen – sy gunstelingtreffers Volume 2 bestaan uit drie albums met Engelse én Afrikaanse treffers wat die veteraan-TV-nuusleser en -aanbieder self uitgesoek het. Plaaslike én internasionale musikante van alle tye – van Cliff Richard en The Commodores tot Corlea Botha en Sias Reyneke – se musiek is op dié CD’s beskikbaar.

Ons gunsteling-nuusleser het duidelik nie net ’n goeie stem nie, maar ook goeie smaak as dit by musiek kom!

WAT DINK JY? HET JY EN RIAAN DIESELFDE SMAAK IN MUSIEK? Los kommentaar onder dié artikel of op ons Facebook- of Twitter-blad.