rian
Het jy gehoor?

Rian van Heerden speel in musiekvideo

Die lede van ’n Bloemfonteinse band, Collin Street, is goeie vriende met Rian, en hulle het hom gevra om in dié video te verskyn. Dit gaan oor ’n ou in ’n kroeg van wie niemand eintlik hou nie. Hy het nooit grootgeword nie en dink sy jongmensstreke gaan hom uit die moeilikheid uit hou as grootmens.

Die liedjie se naam is Heels of Steel en dié video sal einde Februarie op MK te sien wees.

Rian het al voorheen ook sy lyf akteur gehou. Hy was twee keer vlugtig in Isidingo te sien, een keer as ’n joernalis en die ander keer moes hy ’n tent aflewer. Hy het een keer homself gespeel in Egoli.

Agter die skerms by die musiekvideo

Agter die skerms by die musiekvideo

  • Wessel van Zyl

    Lekker Collin Str!! Goeie werk. Kanie wag om die video te sien nie.

  • Tess Beukes

    :) Collin str ROCK!! sien uit om dit op MK te sien!

  • Hennie Conradie

    Mooi julle, seker dit gaan awesome wees! Nice!

  • Michael

    Thank you! It was an impromptu mall photo shoot last year. We were there with my in-laws and my MIL snuck off with the kids and had it done for my huasbnd’s birthday.