Riana Nel en haar man, Cornel

Het jy gehoor?

Riana Nel se goeie nuus

Riana Nel het goeie nuus ontvang – haar tweede sekulêre album Die regte tyd het binne enkele dae goue status bereik.

Riana het in ’n persverklaring gesê hoe opgewonde sy is oor dié nuus: “Om te dink dat so baie mense saam met my sing laat my sommer huil. Ek sal maar net nooit die regte woorde kry om dankie te sê dat God my vertrou met Sy Gawe nie! Mag dit Hom eer bring!”

Tanya Ackerman van Coleske Artists wat die album uitgegee het, sê meer as 20 000 eenhede van die album het binne slegs 10 dae verkoop. Dit beteken dié album het goue status behaal. Sy is glo ook reeds die nommer 1 verkoper by Musica.

Die regte tyd is propvol treffers – sommige ook uit haar eie pen. En dié vrou kan skryf! Sy spog saam met Johan Vorster met ’n Ghoema vir Beste Liedjieskrywer (2013). Luister uit vir enkelsnitte soos “Tweede Kans”, “Weier”, “Die Regte Tyd” en “Jy Was Daar”.

Riana Nel

Sy het ook ’n country-duet, “Glass” saam met die bekende duo Coleske opgeneem.

Riana het ook ’n ballade vir haar ontslape ma geskryf, “I didn’t say goodbye”. Lees hier hoe onthou Riana haar ma op Moedersdag.

Riana Nel as jong dogter saam met haar ma, Heletjé FOTO: vergunning van Riana Nel

Riana Nel as jong meisie saam met haar ma, Heletjé
FOTO: vergunning van Riana Nel