rianan nel
Het jy gehoor?

Riana Nel stap weg met twee SAMA’s

Riana se album, Die Regte Tyd, is as Afrikaanse popalbum van die jaar aangewys, sowel as die album wat die beste verkoop het by die jaarlike Suid-Afrikaanse musiektoekennings (SAMA’s).

Sy het op haar Facebook-blad gesê dat haar dag én haar jaar gemaak is met dié toekennings. Sy het in die kategorie vir beste Afrikaanse popalbum ander gewilde sangers soos Bobby van Jaarsveld en Kurt Darren uitgestof.

Ander wenners by die SAMA’s:

  • Dewald Wasserfall – Beste komtemporêre album in Afrikaans vir #EkEnJy
  • Niemand – Beste volwasse komtemporêre album vir Back Again
  • aKing – Beste rockalbum vir Morning After
  • Ryan Kruger vir die regie van Prime Circle se musiekvideo Let the Night – Beste musiekvideo van die jaar
  • Grammy-wenner Wouter Kellerman – Beste klassieke/instrumentale album vir Winds of Samsara. 
  • Lira – Beste DVD vir First Decade