riana nel die regte tyd
Het jy gehoor?

Riana Nel is swanger!

Die Afrikaanse sangeres Riana Nel is swanger, berig Netwerk24

Annarie Hugo, Riana se agent, het aan Netwerk24 bevestig dat sy ’n baba verwag. Hulle wou nie uitwei oor die swangerskap nie. Sy en haar man, Cornel de Beer, is in 2013 getroud. Dit is hul eerste baba.

Riana se ouer suster, die sangeres Nianell, het ’n drieling, Kaeley, Jade en Tayden (8), uit haar huwelik met die sakeman Andrew Thompson. Hulle is verlede jaar ná 14 jaar geskei.

Baie geluk Riana en Cornel!

Bron: Netwerk24

Lees ook