Het jy gehoor?

Richard Gere se huwelik van 11 jaar op die rotse

Die 64-jarige Hollywood-akteur en sy vrou, Carey Lowell, se huwelik is op die rotse, berig People.

‘n Vriend van die paartjie het aan dié Amerikaanse tydskrif bevestig dat Richard en Carey nie meer saam is nie. “Hulle probeer dit so vriendelik as moontlik hou vir hul kind se onthalwe,” het dié bron gesê.

Louis & Lise se Wie is ek: Hoe hanteer jy ‘n egskeiding?

Die paartjie is al vir 11 jaar getroud, maar woon glo al vir ‘n geruime tyd nie meer saam nie, alhoewel albei in New York is. Richard is ‘n Boeddhis en geniet die stilte, terwyl sy 52-jarige vrou, wat voorheen ‘n model en aktrise was, meer sosiaal is.

Richard Gere Cindy CrawfordDie paartjie het ‘n 13-jarige seun, Homer. Richard was in 1999 as die sexyste man in die wêreld deur People aangewys. Hy was voorheen getroud met die supermodel Cindy Crawford. Carey het ‘n 23-jarige dogter uit ‘n vorige huwelik.