Richard Gere
Het jy gehoor?

Richard Gere se nuwe jong meisie

Die 65-jarige akteur Richard Gere het ’n nuwe “Pretty Woman” aan sy sy, berig E! Online.

Richard is glo baie verlief op die Spanjaard Alejandra Silva. En op 32 is sy die helfte van sy ouderdom.

Hulle is glo al vir byna ’n jaar ’n paartjie en het hul eerste rooitapyt-verskyning by die Taormina-filmfees in Sisilië gehad.

Alejandra se pa, Ignacio Silva, is ’n sakeman en was voorheen die finansiële vise-president van die sokkerklub Real Madrid.

Richard en Alejandra was albei al voorheen getroud. Richard se vorige huwelik van 11 jaar met aktrise Carey Lowell het in 2013 tot ’n einde geloop. Hulle het saam ’n 15-jarige seun, Homer. Voor dié huwelik was Richard getroud met Cindy Crawford, van 1991 – 1995. Alejandra was getroud met Govind Friedland – die seun van ’n mynmagnaat. Hulle het ook ’n seun, Albert.

Bron: E! Online en People