FOTO: Instagram @rickilake

Het jy gehoor?

Ricki Lake vra vir egskeiding

Die aktrise en kletsprogram-aanbieder Ricki Lake gaan van Christian Evans, met wie sy byna 3 jaar getroud was, skei, berig TMZ.

Christian is ’n juweliersontwerper en die paartjie is blykbaar op goeie voet uit mekaar. Ricki het glo aangebied om hom ná die egskeiding steeds finansieel te ondersteun.

Ricki en Christian het in 2010 begin uitgaan en is in 2012 getroud. Ricki was voorheen vir 10 jaar getroud en het twee kinders uit haar eerste huwelik, Milo (17) en Owen (13).

Ricki en haar seuns, Milo en Owen FOTO: Instagram  @rickilake

Ricki en haar seuns, Milo en Owen
FOTO: Instagram @rickilake

Bron: TMZ en US Weekly

Lees ook