sthddsgt0tmosdtt
Het jy gehoor?

Ricky Martin se verhouding verbrokkel

Latyns-Amerikaanse sanger Ricky Martin (42) en sy lewensmaat, Carlos Gonzalez Abella, se verhouding is verby. Só berig Us Weekly.

Hulle het saam besluit om die verhouding te beëindig,” het ‘n woordvoerder vir Martin gesê. Volgens berigte het hul steeds ‘n hegte vriendskap en sal hul gedeelde ervaringe altyd deel van hul lewens bly.

Dié paartjie het in Augustus 2008 met behulp van ‘n surrogaat tweeling-seuns verwelkom. Volgens sy woordvoerder beoog Martin ‘n nuwe hoofstuk in sy lewe en gaan die jaar uit die publieke oog bly en tyd saam met sy kinders spandeer.

download (1)

Die sanger het in Mei 2010 onthul dat hy gay is: “Ek is trots om te sê dat ek ‘n bevoorregte gay man is. Ek is geseënd vir wie ek is,” het hy op sy webtuiste geskryf.