Het jy gehoor?

Rieldansers wen groot in Hollywood!

Die inwoners van Wuppertal kan baie trots wees! Hul rieldansers wat bekendstaan as Die Nuwe Graskoue Trappers het 13 medaljes by die jaarlikse wêreldbyeenkoms vir die uitvoerende kunste in Hollywood gewen, berig Netwerk24.

Hulle het die afgelope twee weke aan dié kompetisie in verskillende kategorieë deegeneem. Hulle het onderandere die kategorie vir beste produksie verower en ook goue medaljes vir die beste etniese groep gewen.

Elias Nel, die projekorganiseerder van die ATKV-rieldanskompetisie, glo jongmense in Suid-Afrika hoef nie skaam te wees vir hul tradisies nie. “Ons het dit nou op die wêreldverhoog bewys.”

Hy het verder gesê Suid-Afrikaners hoef nie ander lande na te boots nie: “Ons kultuurpraktyke is wêreldklas.”

Die groep word môremiddag terug in SA verwag.

Die Nuwe Graskoue Trappers het beslis hul tyd in Amerika geniet! Hier is ’n paar foto’s

Die dames van Die Nuwe Graskoue Trappers by hul limousine FOTO: Facebook

Die manne kry ook kans om voor die limousine afgeneem te word. FOTO: Facebook

Hulle kuier soos regte Hollywood-sterre binne die limousine. FOTO: Facebook

Hier geniet hulle tradisionele Amerikaanse burgers en skyfies. FOTO: Facebook

Die groep het ook by die bekende Universal Studios in Hollywood besoek afgelê. FOTO: Facebook

Bron: Netwerk24

Lees ook