FOTO: Gallo Images/ Getty Images

FOTO: Gallo Images/ Getty Images

Het jy gehoor?

Rihanna “basies ingetrek” by Leonardo DiCaprio

Ons het eers nie die stories geglo dat sangeres Rihanna en akteur Leonardo DiCaprio ’n paartjie is nie, maar die gerugte loop al sterker en die sterre rep nie ’n woord nie. 

Die nuutste is dat die paartjie reeds saamwoon in Los Angeles ná Rihanna basies by Leo ingetrek het. Blykbaar maak hulle ook reeds vakansieplanne saam.

Die 27-jarige sangeres, wat op die oomblik in Frankryk is vir die Paryse Modeweek, voel glo reeds tuis in haar 40-jarige kêrel se huis. Bang Showbiz berig dat daar selfs  ’n kamer in die huis ingerig is waar Rihanna kan rook.

Die gerugte dat hulle in ’n verhouding is, het reeds in Desember verlede jaar begin. Die volgende groot stap in hul verhouding (as hulle wel ’n paartjie is) is Leo wat Rihanna se geboorteland, Barbados, besoek om ’n familietroue by te woon.

Wat dink jy? Is Rihanna en Leo ‘n paartjie?

  • JA
  • NEE
FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

 

Bron: Bang Showbiz via XPosé