FOTO: Instagram @badgirlriri

Het jy gehoor?

Rihanna volg in Nicole Kidman se voetspore

Rihanna is nou in uitgelese geselskap. Sy volg in die voetspore van stylikone soos Nicole Kidman en Kate Moss wanneer sy binnekort vereer word deur die Amerikaanse Moderaad.

Volgens USA Today is die sangeres én mode-ontwerper aangewys as die CFDA (Council of Fashion Designers of America) se Mode-ikoon van die Jaar, danksy haar bydrae tot die mode-industrie asook haar werk saam met die MAC-vigsfonds se Viva Glam-veldtog.

Dié toekenning gee elke jaar erkenning aan iemand wat wêreldwyd ’n impak op pop-kultuur gemaak het.

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Rihanna kuier in SA – kry haar voorkoms!

Rihanna die ontwerper

Die luukse Britse handelsmerk River Island het Rihanna verlede jaar genader om twee reekse klere saam met hulle te ontwerp, skryf Daily Mail.

Boonop is Rihanna en Chanel se kreatiewe direkteur, Karl Lagerfeld, deesdae goeie vriende. Hy het gesorg dat sy in Dallas én Parys in die voorste ry by sy mode-vertonings  sit.

Dink jy lang hare of ’n bob-styl pas Rihanna beter?

FOTO: Rihanna in Balmain se advertensies (Balmain Lente 2014)

FOTO: Rihanna in Balmain se advertensies (Balmain Lente 2014)

Die sangeres, wat ook die nuwe gesig van die Franse handelsmerk Balmain is, se persoonlike styl is ’n goeie balans van items wat hoogmode is en ’n meer ontspanne straatstyl.

Bekendes soos Nicole Kidman, Kate Moss en Lady Gaga is voorheen met dié titel vereer.

HOU JY VAN RIHANNA SE STYL? Los kommentaar onder dié artikel of deel dit met ons op Facebook of Twitter.