FOTO Instagram / @waydedreamer

FOTO Instagram / @waydedreamer

Het jy gehoor?

Rio 2016: Almal soek ’n stukkie Wayde

Suid-Afrika is gek na ons vinnige Wayde van Niekerk. En ons hou duimvas dat dié atleet goud sal huis toe bring. Maar ons is nie al nie, selfs internasionale atlete neem kiekies saam met Wayde!

Die All Black Sonny Bill Williams is vanjaar te sien by die Olimpiese Spele se sewesrugby-toernooi. Hy het ’n foto saam met Wayde geneem en hom as “nederig” beskryf.

En die kampioen van tennis, Serena Williams, het ’n selfie saam met Wayde geneem.

As alles goed gaan, sal Wayde Sondag 14 Augustus om 01:00 SA tyd in die 400 m se halfeindronde hardloop!

FOTO Olympics

FOTO Olympics

Lees nou

Olimpiese Spele: Fokus op die 100 meter

Jou gids vir die Olimpiese Spele

Goue swemmers: Chad le Clos en Michael Phelps