FOTO: Facebook  Rita Wilson

FOTO: Facebook Rita Wilson

Het jy gehoor?

Rita Wilson, Tom Hanks se vrou, is amptelik ‘kankervry’

Die sangeres en aktrise Rita Wilson het borskanker oorwin, berig Daily Mail. 

Die 59-jarige brunet het gister tydens The Hollywood Reporter se jaarlikse vroue-ontbyt gesê sy is kankervry en 100% gesond. Bekendes soos die realiteitster Kris Jenner en die akteur Sean Penn was ook by dié geleentheid.

Rita het besluit om nuus oor haar gesondheid met die publiek te deel ten einde ander vroue te motiveer om hul borste gereeld te ondersoek en in te lig dat borskanker nie ’n doodstraf is nie.

Kanker is in Maart by haar ontdek en sy moes vir ’n tydperk ophou werk. Daarna het sy ’n dubbele mastektomie en borsrekonstruksies ondergaan.

Die bruinkop-aktrise vertel dat sy en haar man, die akteur Tom Hanks, nou selfs nader aan mekaar is as vroeër en sê hy het haar wonderlik versorg. Die kanker is vroeg genoeg ontdek sodat chemoterapie en bestraling nie nodig was nie.

Volgens People is Rita opgewonde om vroeg volgende jaar met haar musiekgroep te toer. Tom het reeds gesê hy vergesel sy vrou.

FOTO: Rita Wilson, WhoSay

Tom en Rita is 27 jaar getroud. Twee seuns, Chet en Truman, is uit hul huwelik gebore.

Bronne: People en Daily Mail

Lees ook

ZZZ

Lees meer hier!