FOTO: Twitter @robbiewilliams

Het jy gehoor?

Robbie Williams maak bisarre video’s om vrou met geboorte te help

Die popster Robbie Williams het ’n reeks vreemde video’s op sy Twitter-blad gelaai wat wys hoe hy sy vrou ‘help’ met die geboorte van hul tweede kind. Maar ons moet sê, sy vrou lyk nie heeltyd té gelukkig met hom nie!

Robbie sing en dans in die hospitaalkamer waarin Ayda Field voorberei op die geboorte van hul tweede kind. Teen die einde van dié videoreeks, maak hulle bekend dat hulle ’n seuntjie verwelkom het. Maar dit lyk met tye of Robbie meer sy eie danspassies geniet as wat dit sy vrou beïndruk …

Robbie en Ayda is reeds die trotse ouers van die 2-jarige Theodora. Ná die geboorte van sy seun, sê hy op een van die video’s:

Ek was nog nooit meer verlief en meer trots op my vrou nie, sy was absoluut wonderlik.

Ayda was reg vir die geboorte en het met hoëhakskoene by die hospitaal opgedaag …

Lees ook