FOTO: Twitter  @robbiewilliams

FOTO: Twitter @robbiewilliams

Het jy gehoor?

Geslag van Robbie Williams se tweede kind bekend

Die gewilde Britse sanger Robbie Williams is reeds trots op sy 2-jarige dogtertjie, Theodora. Nou berig Daily Star dat Robbie en sy vrou se tweede kind ’n seuntjie is.  ’n Bron vertel aan Daily Star dat Robbie en sy vrou vir hul dokter gevra het om die geslag van hul tweede kind op ‘n papiertjie te skryf en dit in ’n koevert te sit. Hulle het gaan uiteet en ná die nagereg saam die koevert oopgemaak. En blykbaar is Robbie baie bly dat dit ’n seuntjie gaan wees! Ons wonder of hy soos sy pa gaan lyk …

Robbie het hom  in April tot Twitter gewend om met sy meer as 2,2 miljoen volgers die nuus te deel dat hy en sy vrou, Ayda Field, weer ouers gaan word. Die 40-jarige sanger en sy aktrise-vrou Ayda is in 2010 getroud. Twee jaar later is hul eersteling, Theodora, gebore. Hy het verlede jaar ’n liedjie vir haar geskryf, “Go Gentle”. Luister daarna HIER.

Robbie en Theodore net ná haar geboorte FOTO: Twitter

Robbie en Theodora net ná haar geboorte
FOTO: Twitter

“Dit is ’n wonderwerk dat dít gebeur het, want nou kan ek die hele ervaring van menslikheid ervaar. Sy is net ’n wonderlike kind,” het Robbie verlede jaar oor Theodora vertel.

Nóg oor Robbie Williams op SARIE.com