FOTO: Twitter

Het jy gehoor?

Robbie Williams word weer pa

Die gewilde Britse sanger Robbie Williams het gister bevestig dat hy weer pa gaan word.

Robbie het hom tot Twitter gewend om met sy meer as 2.2 miljoen volgers te deel dat hy en sy vrou, Ayda Field, weer ouers gaan word.

Die 40-jarige sanger en sy aktrise-vrou Ayda is in 2010 getroud. Twee jaar later is hul eersteling Theodora gebore. Hy het verlede jaar ’n liedjie vir haar geskryf, “Go Gentle”. Luister daarna HIER.

Robbie en Theodore net na haar geboorte FOTO: Twitter

Robbie en Theodora net na haar geboorte
FOTO: Twitter

“Dit is ’n wonderwerk dat dít gebeur het, want nou kan ek die hele ervaring van menslikheid ervaar. Sy is net ’n wonderlike kind,” het Robbie verlede jaar vertel.

Nóg oor Robbie Williams op SARIE.com