Het jy gehoor?

Is Robert Pattinson en Sean Penn se dogter saam?

Dié 27-jarige akteur wat vroeër vanjaar sy verhouding met sy mede Twilight-ster Kristen Stewart verbreek het, het weer liefde gevind.

FOTO: Dylan Penn (Fantastic)

FOTO: Dylan Penn (Fantastics)

 

 

Is Robert Pattinson weer verlief? Hy en die 22-jarige model Dylan Penn, die dogter van Sean Penn en Robin Wright, is na bewering ‘n paartjie. ‘n Bron het aan die tydskrif Life & Style verklap dat dié twee baie danig met mekaar was by ‘n konsert wat hulle saam bygewoon het. “Hulle was baie klouerig en liefdevol. Ek kon agterkom dat dit nie hulle eerste afspraak was nie, daarvoor was hulle net té gemaklik in mekaar se geselskap,” het die bron vertel.

Kristen Stewart sit met haar hande in haar hare

Maar as ons die gerugte moet glo maak Rob ook ogies vir sy persoonlike gym-instruktrise, Sydney Liebes. Sy help hom om sy lyf gereed te kry vir sy volgende fliek, Mission: Blacklist. Hulle het blykbaar 3 weke gelede op ‘n afspraak gegaan by die Soho House-hotel. ‘n Ooggetuie het aan die skinderblad RadarOnline.com gesê dat dié twee baie “vryerig” met mekaar was. Toe Sydney oor haar verhouding met Robert uitgevra is, het sy dit nie bevestig of ontken nie.

Bron: TVNZ