robert
Het jy gehoor?

Robert Pattinson se nuwe fliek saam met bekende aktrise

En hierdie keer is hy nie ‘n bleek vampier nie… Water for elephants is gegrond op die boek deur Sara Gruen. Dit speel af in die 1930’s, en die verhaal gaan oor ‘n veeartsstudent wat wegloop om by die sirkus aan te sluit.

Robert speel teenoor Reese Witherspoon, die vrou van ‘n wrede diereafrigter (Christoph Waltz van Inglourious Basterds-faam).

Water for Elephants sal in April te sien wees.