FOTO: Instagram @thegrammys

Het jy gehoor?

Is Robin Thicke en Paula Patton se huwelik finaal verby?

Dit lyk nie of Robin Thicke se planne gewerk het nie! Nadat hy in die openbaar gesê het hy wil sy vrou terugwen, sy optrede by ’n toekenningsaand aan haar opgedra het én sy nuwe album na haar vernoem het, het sanger Robin Thicke se vrou, die aktrise Paula Patton, besluit dat hul huwelik nou finaal verby is, berig TMZ.

Die “Blurred Lines”-sanger en sy vrou het in Februarie aangekondig dat hulle saam besluit het om van bed en tafel te skei, berig International Business Times. Maar reeds voor die aankondiging was daar gerugte oor flirtasies met ander vroue, skryf LA Times.

Hy het tog hard probeer om Paula terug te wen – deur optredes aan haar op te dra en selfs sy nuwe album na haar te vernoem. Maar sonder enige resultate.

Nou het die sanger tou opgegooi, skryf TMZomdat Paula glo niks wil weet nie. Hy het selfs aan mense in sy binnekring vertel dat sy huwelik met Paula ineengestort het en hul huis in Los Angeles in die mark is. ’n Bron het aan TMZ onthul dat ’n prokureur reeds ’n finansiële ooreenkoms opgestel het vir die paartjie, wat op skool al begin uitgaan het. Maar daar is nog nie ’n egskeidingsaak aanhangig gemaak nie. 

Robin, Paula en hul seun, Julian Fuego

Bronne: TMZ, International Business Times en LA Times

Dié paartjies het ook onlangs uitgemaak