robin williams
Het jy gehoor?

Robin Williams het Parkinson se siekte gehad – weduwee onthul

Wyle akteur Robin Williams se vrou het gister onthul dat haar man in die beginstadium van Parkinson se siekte was.

Susan Schneider het in ’n verklaring bevestig dat Robin in die beginstadium van Parkinson se siekte was, maar dat hy nog nie dié nuus in die openbaar bekend gemaak het nie. Volgens die verklaring het Robin ook nie weer begin drink nie.

Susan het ook gesê dat hulle sedert sy dood troos gevind het in die toegeneentheid en bewondering wat sy aanhangers vir hom gehad het. Sy voeg by:

Sy grootste nalatenskap, buiten sy drie kinders, is die vreugde en blydskap wat hy aan ander gegee het, veral aan diegene wat deur hul eie uitdagings in die gesig gestaar is.

Robin word oorleef deur sy drie kinders, Zachary Pym (31), Zelda Rae (25) en die 23-jarige Cody Alan Williams.

Lees meer oor Robin Williams se lewe HIER.

Susan Schneider se verklaring:

“Robin spent so much of his life helping others. Whether he was entertaining millions on stage, film or television, our troops on the frontlines, or comforting a sick child — Robin wanted us to laugh and to feel less afraid.

Since his passing, all of us who loved Robin have found some solace in the tremendous outpouring of affection and admiration for him from the millions of people whose lives he touched. His greatest legacy, besides his three children, is the joy and happiness he offered to others, particularly to those fighting personal battles.

Robin’s sobriety was intact and he was brave as he struggled with his own battles of depression, anxiety as well as early stages of Parkinson’s Disease, which he was not yet ready to share publicly.

It is our hope in the wake of Robin’s tragic passing, that others will find the strength to seek the care and support they need to treat whatever battles they are facing so they may feel less afraid.”

Deirdre Barnard-Visser oor Parkinson se siekte: ‘Ek dink ek het dit’

Sy het geweet iets skort toe haar vinger uit die bloute begin dans, vertel die dogter van die beroemde hartpionier Chris Barnard.

Lees Deirdre se volledige storie HIER.

 Om te weet

  • Parkinson se siekte is ’n breinafwyking wat jou geleidelik spierbeheer laat verloor. Dit word onder meer gekenmerk deur bewerigheid, rigiditeit, ’n gebrek aan spontane bewegings en ’n uitdrukkinglose gesig. Dis nie bekend waarom selle wat dopamien vervaardig, agteruitgaan nie.

  • Dopamien is ’n breinchemikalie wat met senuweekommunikasie help.

  • Die simptome is aanvanklik lig. As dit vroeg behandel word, kan dit jare lank so bly. Dit kan egter nie genees word nie.

  • Jou lewensverwagting is omtrent dieselfde as vir mense daarsonder.

  • Sowat 5 – 10% van mense kry dit voor vyftig. Die akteur Michael J.Fox was 30 en die bokser Muhammad Ali 42.

Bronne: Hello! en Daily Mail