robin williams
Het jy gehoor?

Robin Williams – wat die polisie-ondersoek sê

Volgens die polisieverslag het Robin Williams homself gehang, berig Huffington Post.

Die nuus van die 63-jargie akteur se dood eergister, 11 Augustus, het skokgolwe deur die wêreld gestuur.

Tydens die perskonferensie het die polisie bekend gemaak dat Robin se vrou, Susan Schneider, haar man die laaste keer op 10 Augustus om 22:30 gesien het. Sy lyk is die volgende dag om 11:45 deur sy persoonlike assistent in sy huis in Kalifornië gevind.

Daar is blykbaar ’n knipmes by hom gevind en daar was snymerke aan sy polse. Maar die staatspatoloog het bevestig hy het homself opgehang en weens versmoring gesterf.

Toe gevra is of Robin ’n brief gelos het, het die polisie gesê hulle gaan op hierdie stadium nie daaroor praat nie.

Daar is glo “chemiese stowwe” in sy liggaam gevind, maar die toetse se uitslag sal eers ná 2 tot 6 weke bekend wees.

Huldeblyke

Hollywood het gister dié gewilde akteur in huldeblyke vereer. Maar Ben Affleck en Matt Damon s’n moet uitgelig word. Robin Williams het destyds ingestem om in dié (toe nog onbekende) akteurs se film Good Will Hunting te speel. Ben en Matt het dié draaiboek geskryf en ’n Oscar daarvoor gewen. Robin het ook ’n Oscar vir sy ondersteunende rol hierin gewen.

Ben Affleck het op Facebook geskryf:

Matt Damon het aan Huffington Post die volgende persverklaring gestuur:

“Robin brought so much joy into my life and I will carry that joy with me forever. He was such a beautiful man. I was lucky to know him and I will never, ever forget him. I truly hope the people in the media can find it within themselves to give his family some privacy during this horrible time.”

Video-huldeblyk: Robin se snaakse oomblikke op kamera

 

Bronne: Huffington Post, Contact Music, Facebook, Huffington Post

 Lees ook