FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Robin Wright: “Ek is nie spyt dat ek my kinders bo my beroep gekies het nie”

Die Hollywood-aktrise Robin Wright sê sy is glad nie spyt dat sy haar beroep eenkant toe geskuif het om na haar kinders om te sien nie.

Robin (47) het tydens ’n onderhoud op die Britse joernaalprogram Daybreak gesê dat sy nie spyt is oor dié besluit nie. Sy het na haar kinders, Dylan en Hopper, omgesien terwyl hul pa, Sean Penn, aan sy beroep gewerk het. Albei kinders is nou volwassenes. Robin en Sean het in 2010 geskei.

Robin, wat bekendheid verwerf het as Tom Hanks se vriendin in Forrest Gump (1994), is nou weer in die kollig met haar rol in die TV-reeks House of Cards, waarvoor sy ’n Golden Globe gewen het.

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Sy sê oor haar besluit jare gelede: “Dit was ’n moeilike besluit, maar die rede waarom ek kinders wou hê, was om ’n ma te wees. Dít is hoe ek gedink het – een ouer is weg en die ander bly by hulle.”

Dylan is nou 22 jaar oud en Hopper 20. “Dit gaan nou goed met die kinders, maar ek is steeds ’n ma en bekommer my oor hulle.”

Dylan was verlede jaar in die nuus toe sy en die Twilight-ster Robert Pattinson blykbaar uitgegaan het (lees meer hier).

Werk-lewe-balans

Nina Swart op ons Februarie 2014- voorblad

 

 

In ons Februarie-uitgawe ondersoek ons juis of balans tussen jou persoonlike lewe en jou werklewe moontlik is – of jy nou ’n Hollywood-aktrise soos Robin is of nie.

Hermann du Plessis, besturende direkteur van Themba Thandeka, ’n instelling wat in leierskapsopleiding spesialiseer, gee die volgende wenke:

  • Leer om tevrede te wees: Een van die grootste probleme wat Hermann by kliënte ervaar, is onvergenoegdheid. “Ons het ’n onlesbare dors vir nóg, méér. Ons skiet vir hoër poste, want dis meer geld en ons kan dan meer koop. Genoeg is genoeg en jy moet weet waar om die streep te trek.”
  • Kry jou ritme: Verstaan wie jy is – jou waardes, sterkpunte, passies, persoonlikheid en roeping.
  • Leef met grense: Bepaal jou prioriteite en belê jou energie daarin. Dit beteken jy moet leer om soms “nee” te sê.

HET JY JOU KINDERS BO JOU BEROEP GEKIES? HOEKOM OF HOEKOM NIE? WAT IS JOU RESEP OM DIT TE MAAK WERK? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

Addisionele bron: Bang Showiz