FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Robin Wright en Ben Foster wéér verloof

Die paartjie Robin Wright en Ben Foster is wéér verloof.

Hulle het in November verlede jaar hul verlowing verbreek, maar Robin het by die Golden Globes weer haar verloofring gedra.

’n Bron vertel aan People dat die paartjie nou in Parys kuier en dat hulle meer verlief as ooit is. Hulle verskil 14 jaar – Robin is 48 en Ben 34. Robin se kinders uit haar huwelik met Sean Penn, Dylan en Hopper, is onderskeidelik 23 en 21 jaar oud.

FOTO: Twitter  @LoneSurvivorUSA

FOTO: Twitter @LoneSurvivorUSA

Maar die bron sê daar gaan nie gou ’n troue wees nie. “Robin is in ’n goeie, gesonde plek … Ben is deel daarvan, haar kinders is deel daarvan en haar werk is baie bevredigend.”

Robin, wat vir ’n tydperk nie gewerk het nie om haar en Sean Penn se kinders groot te maak, se beroep is vuurwarm danksy haar rol in die gewilde reeks House of Cards.

Bron: People